Een-minuut-liefling

Dit was ‘n maandagaand, maar wat maak dit saak. Dit het gebeur en dis dit wat tel.

Min wetend het ek jou roep gehoor en voor ek my kon kry sê jy kry my hier voor. Jy het gestaan op die rand van die jakarandablomme en ek het geweet as ek na jou toe gaan is dit die einde en toe sonder om te dink, loop ek sommer. Miskien was dit jou oë wat gepraat het, of miskien was ek net jonk en buite myself, maar wat maak dit saak. Dit het gebeur en dis wat tel.

My stem het amper meer as my hande gebewe, maar jy het aan my elke woord gehang. Ek weet ek het al die verkeerde goed gesê en ek wens jy kon weet ek was bang, maar wat maak dit saak? Dit het gebeur en dis dit wat tel.

Jy kom tot die punt en jy spring dadelik in, jou kop is skaars bo water voor jy vra oor die ring. Volgens jou was jy sprakeloos al het jy aanhoudend gepraat, jy het my bloedrooi laat bloos onder die lig van die straat en ek het geklim tot buite my vel, maar wat maak dit saak? Dit het gebeur en dis dit wat tel.

Nou wandel ek rond, opsoek na jou siel, want almal waarmee ek al te doen gehad het was so verniel. Was joune net goed beskerm en versteek, want ek weier om te glo jy is net nog ‘n leek. Jou elke gebaar kom vanaf ‘n onbekende plek, jy is anders.

Jy is weg.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s