Onbekende held

Ek weet nie hoe jy lyk nie,

maar ek kan die lyne op jou gesig lees.

Ek ken nie die klanke van jou stem nie,

maar ek kan hoor hoe jy skree met vrees.

Ek ken nie eers jou naam nie,

maar jy sal vir ewig in my hart wees,

want

ek hoor nou nog die staal op staal,

die ruk van die gewere,

die aaklige brul van die see

en die futiele stemme van beseerdes.

Ek ruik nou nog die bloed:

Nie net jou eie nie, maar dié van jou vriende ook.

Ek ruik selfs die hulpeloosheid en die hartseer,

want dit het daar rondgedwaal soos rook.

 

Onbekende man,

hulle het jou gevang.

Nou lê jy nogsteeds hier

met ‘n roos wat bo jou kop hang –

net soos jy en ek, gaan die roos mettertyd verlep,

maar dis al wat ek vir jou kan gee,

want op ‘n manier probeer ek ‘n ewigheid met ‘n aardigheid skep.

 

Onbekende held,

hulle het jou gevang.

Nou lê jy nogsteeds hier

met net nog ‘n roos wat tevergeefs bo jou kop hang.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s