Vanaand

Vlymskerp maak jou woorde my seer,

want dit getuig van jare en jare se ontbreking van leer.

Ek het weggekyk vir ‘n ruk, toe kyk ek jou sommer heeltemal mis

en nou het daar ‘n ontstuimigheid in my hart kom rus,

want jy’s die beste ding wat ek al ooit deur my vingers laat glip het

en ek wens ek kon net alles vroeër besef het.

 

Ek wens ek kon dieper in die nag in grou

en al die elektrisiteit tussen jou en my behou.

Met ‘n tik van jou vinger weet ek sou jy my skok,

jy met jou krullebos en ek met my blommerok.

Daar is min dinge wat ek weet van jou in die lig van die maan,

maar wat ek wel weet is: ek wil jou bors my kussing maak vanaand.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s