Woorde

My woorde lê in uitveerstukkies op die vloer versprei,

want om hulle te sê, het te seer gemaak, so ek het hul tevergeefs probeer weg kry,

maar jy dans nogsteeds in my kop rond

en jou naam proe steeds so bekend in my mond.

 

Ek hoop vir wind om hierdie woorde weg te waai

en reën om die oorblyfsels onleesbaar te verdraai.

En ek hoop my woorde hou op vloei

en dat my hart eendag op sal hou bloei,

maar vir nou vee ek net my woorde uit

en hoop ek is nie later daaroor spyt.

 

My woorde lê in uitveerstukkies op die vloer versprei,

want om hulle te sê, het te seer gemaak,

maar steeds hoop ek dat jy hulle kry.

 

Woorde van jou is al wat ek oor het

Dit en jou naam in elke gebed.

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s