Tinkies & Targets

As jou akker my dalk eendag haal,

sal ek jou R100 betaal,

maar as ek jou met ‘n akker raak gooi,

sal jy my uiteindelik in nooi?

Terug na waar jy my vertrou-

op ‘n wasgoedlyn-dak met my arm om jou.

Weggesteek van die mense wat hul sedes uit blaker,

te vinnig maak die kopsoene dit later.

 

Vandag is ek nes die straatmense:

Al skreuend op jou denke se grense.

‘n Hoop akkers lĂȘ al daar aan jou kant,

ek sal nog ‘n akkerboom moet plant.